![]() |
Aandag alle NPO's: Druk hier vir riglyne hoe om jou inligting te plaas in hierdie nuusbrief.
| NUUS UIT DIE KANTOOR Hierdie nuusbrief is die laaste vir 2012 en ons sien uit na 'n nuwe uitleg van die nuusbrief vir 2013. Meer inligting sal aan die begin van volgende jaar voorsien word. Die Valcare kantoor sluit op 20 Desember 2012 en open weer 7 Januarie 2013. HOE KAN JY 'N VERSKIL MAAK HIERDIE KERSFEES Tree of Joy Ondersteun die Paarl Mall met hul ‘Tree of Joy’ deur ‘n geskenkie te gee aan ‘n behoeftige kind. Paarl Hospitaal Skenk 'n vrieskas vir die berging van borsmelk. Soutkorrels Bediening Skenk skoolklere aan 'n 16-jarige seun van ‘n werklose enkelma: grys langbroek en wit skoolhemp (lang- en kortmou, grootte 32), swart skooltrui, Charleston Hill skoolbaadjie, skooldas, skoolskoene (no. 5), onderklere, toiletware, skooltas en skryfbehoeftes. Susan se Sopkombuis Ondersteun Susan Swarts van Chicago, Paarl Oos se kerspartytjie op 17 Desember vir 150 kinders. Sy benodig die volgende: kool x4, wortels x4 pakke, aartappels x 2 sakke, beesvleis x 10kg, rys x 4kg, olie x750ml, beesvleis-speserye, peper, soppoeier x4, aanmaakkoeldrank, lekkergoedpakkies. Hope Evangelistic Outreach Ministries Benodig 20 x 7m sinkplate en 3m x 12m wendy huis as gebedskamer. The Grape Community Hierdie organisasie is ‘n gemeenskapsinisiatief van die Grape Co, ‘n vrugte uitvoermaatskappy in die Paarl. Hulle is besig met ‘n projek om geld in te samel vir een van hulle produsente se dogters om haar droom te verwesenlik om ‘n fotograaf te word. Lees asb die aangehegte brief, van ‘n jong vrou wat eens doof was en nou kan hoor, wat soveel uitdagings ervaar het maar steeds moedig en vol hoop gebly het. Khanyisa Day Care Benodig boumateriaal om die sentrum te herbou nadat dit deur rukwinde verwoes is. ACVV Noorder-Paarl Die ACVV Noorder-Paarl draai geskenke toe as 'n fondsinsamelingsprojek vanaf 15-21 Desember. Hul soek vrywillige hande in die Paarl Mall by hul '"Stunning" stalletjie. Skofte is van 9vm tot 2nm en van 2nm tot 7nm. Dit kan korter wees - afhangende van hoeveel vrywilligers bereid is om te help. NUUS UIT DIE GEMEENSKAP * Drakenstein Transformation lees meer... * Ma's vir Wellington lees meer... * Christelike Lektuurfonds lees meer... * The Grape Community lees meer... * RAGAB Bediening lees meer... KERSBOODSKAP Jeremia: 29:11 “Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur… Ek wil dat julle hoop vir die toekoms moet hê” Die boodskap Die einde van die jaar is op ons. Die feestyd en ‘n nuwe jaar wag. Mag ons hierdie Kersfees weer besin oor die feit dat ‘n belangrike deel van die roeping wat ons van God ontvang het is, om ‘n verskil in die lewens van die mense rondom ons te maak en aan hulle hoop te bring. Mag ek en jy die geboorte van ons Redder, Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus, met die vaste wete herdenk: Hy is gebore sodat ons met hoop kan lewe. Valcare se gebed is dat ons as gemeenskap so gevul sal wees met Jesus se hoop dat ons onvoorwaardelike lief en diensbaar sal wees teenoor mekaar. Namens Valcare Trust wil ons die Drakenstein gemeenskap bedank vir die ondersteuning wat ons ontvang het gedurende 2012. Ons wens is dat u ‘n geseende Kersfees en ‘n voorspoedige 2013 mag hê. Valcare personeel en Raad van Trustees
|
|








